
Hill Walking
David Jones
2013
Metalwork
Artist’s statement
The subjects of my sculptures, paintings and drawings have always been firmly connected with the land and the landscape – ownership, stewardship, custodianship, use, abuse, development, scarring and destruction. I am intensely aware of the layered history of place and how the mistakes of political excesses have become lodged under the earth’s “skin”. These places are absorbed into the landscape and become picnic spots for travelling families. This sculpture forms part of the Hill series, and is hauled out every few years to be changed into another form. The Hill Walking alludes to an increasingly barren landscape which we approach at our peril – its wind brings the dust of lost rain and whispers of a fractured and stolen legacy.
Kunstenaar se verklaring
Die onderwerp van my beelde, skilderye en tekeninge het nog altyd ’n hegte verwantskap met die land en die landskap getoon – die aanvaarding van verantwoordelikheid vir besitting, bewaring, versorging, gebruik, misbruik, ontwikkeling, skending en vernietiging. Ek is diep bewus van die gelaagdheid van ’n plek se geskiedenis en hoedat foute wat deur politieke oordaad veroorsaak is onder die ’aardkors’ beland. Hierdie plekke word deel van die landskap, en word die piekniekplekke van gesinne wat op reis is. Hill Walking (oftewel die ”Wandelende Heuwel”) is deel van die Heuwelreeks en word elke paar jaar uitgehaal en ’n ander gedaante gegee. Die ”Wandelende Heuwel” verwys na ’n landskap wat al meer bar word en waarnatoe ons op eie risiko op pad is – die wind wat oor die landskap waai, jaag die stof van vergange reënbuie op, en fluister oor ’n gebroke en ontneemde nalatenskap.
Artist Archive
2012 - 2025 Artists from exhibitions and projects that form part of the Stellenbosch Outdoor Sculpture Trust (SOST) archive.





